Kavango olieboordery – sê jou sê

ReconAfrica het sy voorlopige verslag oor die seismiese opname in die Kavango-streke afgehandel en die dokument is beskikbaar vir insette van lede van die publiek. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het bevestig dat die Omgewingsimpak studie sowel as die voorlopige omgewing bestuursplan reeds ingedien is. Die dokumente moet goedgekeur word voordat enige verdere opnames in die gebied gedoen kan word. Alle insette moet teen 5-uur namiddag op 23 April ingedien word by die Woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda.