
Tennis: Swiatek, Anisimova spook om Wimbledon-kroon - July 12, 2025
Vir beide die agtste-gekeurde Iga Swiatek van Pole en die dertiende-gekeurde Amanda Anisimova van die VSA, sal dit vandag hul eerste eindstryd by Wimbledon wees. Anisimova het nog nooit tevore ‘n Grand Slam-eindstryd op enige oppervlak gespeel nie, en hoewel Swiatek al voorheen in vyf Grand Slam-eindstryde was, kon sy slegs die kwarteindronde by Wimbledon […]
Hernubare energie blom in 2024 - July 12, 2025
Hernubare energie het in 2024 wêreldwyd met 15 persent gegroei, hoofsaaklik deur die vinnige oprigting van wind- en sonkragprojekte in Asië. Dit is volgens die 2025-verslag oor statistieke wat die Internasionale Agentskap vir Hernubare Energie vrygestel het. Asië het verlede jaar 71 persent hernubare-energievermoë gehad, Europa 12,3 persent en Noord-Amerika 7,8 persent. Die agentskap sê […]
Drie voertuigmodelle in SA herroep - July 12, 2025
Die Nasionale Verbruikerskommissie het aangekondig hy herroep sekere Range Rover Evoque- en Mercedes-Benz-modelle weens veiligheidsrisiko’s. Jaguar Land Rover herroep die 2021 tot 2025 Evoque-modelle oor foutiewe lugsakke wat kan skeur wanneer dit geaktiveer word, terwyl ‘n fout op die stroombaanpaneel in sekere 2023 Mercedes-Benz-modelle kragverlies kan veroorsaak of die gevaar van ‘n brand kan verhoog. […]
Wetsontwerp oor grond kom in September - July 12, 2025
Landbouminister Inge Zaamwani het vandeesweek ‘n mosie in die parlement ingedien om in September vanjaar ‘n omvattende wetsontwerp oor grondbestuur ter tafel te lê. Die wetsontwerp sal onder meer voorsiening maak vir die stigting van kommunale grondrade en ‘n ontwikkelingsfonds vir kommunale grond. Dit sal ook grondverkryging en –vervreemding deur die regering uiteensit. Voorst sal die […]
Ongwediva kry onkologie-, diagnostiese sentrums - July 12, 2025
Die Namibiese Onkologiesentrum in die Noorde en Medical Imaging beplan ‘n gesamentlike belegging van 150 miljoen Namibiese dollar in twee nuwe private gesondheidsorgsentrums op Ongwediva. Die onkologie- en diagnostiese sentrums sal na verwagting verwagting teen Augustus 2026 open. Medical Imaging belê ongeveer 80 miljoen dollar aan die fasiliteit, wat MRI-, CT-skanderings, X-strale, ultraklank- en mammografiedienste sal bied. Die […]
Solidariteit vra VSA-optrede teen Bidvest - July 12, 2025
Die vakbond, Solidariteit, het die Amerikaanse regering en beleggers gevra om teen Bidvest op te tree oor sy beleid wat die kinders van lae-inkomste wit werknemers verhoed om skoolhulp te ontvang. Briewe is gestuur aan die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio en groot aandeelhouers in die VSA, wat hulle aanmoedig om die diskriminerende […]
Israel skepties oor Iran en uraan - July 12, 2025
Israel glo Iran kan moontlik verrykte uraan herwin wat begrawe is onder een van die drie aanlegte wat Amerikaanse magte verlede maand aangeval het. ‘n Israelse amptenaar sê egter dit sal uiters moeilik wees om dit by Isfahan te bereik en enige pogings sal hernude Israeliese aanvalle ontlok. Israel is van mening Iran se kernprogram […]
Sokker: Banyana Banyana gelykop teen Tanzanië - July 12, 2025
Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, is tot ‘n een elk gelykopuitslag beperk deur Tanzanië se Twiga Stars in ‘n Afrikabeker-vrouetoernooi Groep C-wedstryd. Tanzanië het eerste ‘n doel aangeteken, voordat Bambanani Mbane vir Suid-Afrika in die 70ste minuut die telling gelyk gemaak het. Die afrigter, Desiree Ellis, sê Banyana se wedstryd het nie volgens plan verloop […]
Charles Namoloh kritiek in hospitaal - July 12, 2025
Afgetrede generaal-majoor Charles Namoloh, ‘n voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, is reeds die afgelope twee weke in ‘n private hospitaal in Windhoek. Sy toestand is kritiek, het die verdedigingsministerie vanoggend bevestig. Namoloh, ‘n voormalige bevelvoerder van Plan en die Namibiese weermag, is 75 jaar oud. Die ministerie het die publiek versoek om hom en […]
Beskerm senior burgers beter teen kubermisdaad - July 12, 2025
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van ‘n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit se kommunikasiebeampte, Harriet Box, sê […]