Geen ongevalle in Spaanse vloede nie

Geen ongevalle is aangemeld nie, nadat motors die Middellandse See ingespoel is toe skrikwekkende hoeveelhede reën die noordooste en sentrale deel van Spanje getref het. Meer as 250-liter per vierkant-meter reën is binne 20-uur in die omgewing van Alcar gemeet en het gelei tot fratsvloede wat deur geboue gestroom het. Media berig helikopter-spanne het drie mense gered wat in ernstige gevaar verkeer het, terwyl ander uit hulle motors gepluk is terwyl die water aanhou styg het.