SAOG voorspel baie goeie reënseisoen

As voorspellings hou, sal daar verligting vir die verre westelike dele van Namibië sowel as die suidweste van Angola wees. Die gebiede gaan gebuk onder erge droogte toestande maar, volgens die SAOG se voorspelling vir tussen Oktober vanjaar en Maart volgende jaar het die gebiede ‘n baie goeie kans vir normale en bo-normale reënval. Vooruitsigte vir die res van die land is ook vir normale tot bo-normale neerslae. Volgens die verslag wat deur die SAOG se Forum vir Klimaatvooruitsigte bekend gestel is, is die voorspelling oor baie groot gebiede en periodes en neem nie in ag dat daar seisoenale variasies en geografiese verskille kan voorkom nie.