Ombud se kantoor reageer op kriminalisering van vaderskapsbedrogMay 12, 2025

Verskeie LP’s in die Nasionale Vergadering het gepleit vir die kriminalisering van vaderskapsbedrog. Hulle sê mans ly groot emosionele en finansiële skade as hulle uitvind kinders wat hulle grootgemaak het, is nie hul eie nie. Die AR-beweging se Tuhafeni Kalola en ander LP’s stel verpligte DNS-toetse vir ongetroude paartjies voor om dit te voorkom. Kalola en Pohamba Shifeta het beklemtoon dat hierdie praktyk ernstige trauma vir beide mans en kinders veroorsaak en dat dit wetlik aangespreek moet word. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van die Ombudsman.