Namibiese ekonoom was styging in brandstofprys te wagte

Reaksie word ontvang op die styging van die Namibiese brandstofprys vir September. Die prys van petrol styg met 60 sent ‘n liter en diesel met 30 sent. Die pryse is vanaf 1 September van toepassing. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit was te wagte.