Sakke vol ammunisie, groot aantal vuurwapens in Suiderhof gesteelApril 2, 2025

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat ‘n groot aantal vuurwapens en hordes ammunisie in die vroeë oggendure van Dinsdag tydens ‘n inbraak by ‘n huis in Suiderhof gesteel is. Die huiseienaar, wat nie tuis was nie, vervaardig glo self ammunisie en besit verskeie vuurwapens. Net ‘n persoon wat die huis opgepas het was daar ten tyde van die voorval, maar geen beserings is aangemeld nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol inspekteur Silas Shipandeni.

Kosmos 94.1 Nuus het verneem die polisie se honde-eenheid was uitgestuur om na die wapens en sakke vol ammunisie te soek wat langs ‘n treinspoor agter die huis in lang gras versteek was. Ons verneem dat tussen nege en 14 vuurwapens gesteel is.