MultiChoice in belastingtwis in Nigerië

’n Belastingappèltribunaal het MultiChoice Nigerië opdrag gegee om ’n bedrag as deposito te betaal terwyl die twis voortduur oor hoeveel belastinggeld hy skuld. In ’n verklaring sê MultiChoice nuusberigte dat hy die helfte van die betwiste belastingrekening van sowat 32,7 miljard Namibiese dollar moet neersit, is verkeerd. Volgens die belastingwet moet hy die helfte neersit óf die bedrag belasting wat hy die vorige jaar betaal het, wat ook al die minste is, plus 10 persent. MultiChoice het in die afgelope belastingjaar baie minder as 32,7 miljard Namibiese dollar belasting betaal. Daar is vergelykings tussen MultiChoice se saak en dít wat selfoonreus MTN in 2015 moes deurmaak, toe hy ’n boete van vyf miljard Amerikaanse dollar opgelê is, maar MTN het met ’n baie laer boete weggekom. MultiChoice se aandeelprys het Donderdag ná die aankondiging met 7,5 persent gedaal.