Namibiese Handelskamer oorhandig veldhospitaal aan Oshakati-staatshospitaal

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het vandag ‘n ten volle toegeruste veldhospitaal met 40 beddens by die Oshakati-staatshospitaal aan die gesondheidsministerie oorhandig. Die hospitaal sal Covid-pasiënte huisves. Tydens die inhuldigingseremonie het die minister, dr. Kalumbi Shangula, dit is verblydend hoe die privaatsektor die regering bystaan in hul pogings om die pandemie te beveg. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsminsiterie, Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.