Groot kommer oor toenemende misdaad in SA

Reaksie word steeds op die jongste misdaad statistieke wat deur die buurland se polisieminister Bheki Cele bekend gemaak is. Misdaad het regoor die buurland toegeneem met ‘n toename van 66 persent in moorde in die eerste drie maande van die jaar, vergeleke met verlede jaar. Plaasaanvalle het ook toegeneem en volgens Louis Wessels, Agri Wes-Kaap se bestuurder van regsdienste en administrasie, is selfs een plaasaanval te veel.