UDM wens NNN geluk met historiese presidentskapMarch 21, 2025
Die United Democratic Movement het president Netumbo Nandi-Ndaitwah geluk gewens met haar historiese verkiesing as die eerste vroue president van Namibië. Die party sê dit is ‘n belangrike gebeurtenis, nie net vir Namibië nie, maar vir die hele Afrika-kontinent, aangesien dit ‘n betekenisvolle stap vorentoe is in die bevordering van vroue in leierskap. Nqabayomzi Kwankwa van die UDM s sê haar verkiesing is ‘n toonbeeld van die mag van die demokrasie in Namibië en die groeiende erkenning van die belangrike rol wat vroue speel in die vorming van die toekoms van nasies.