Lughawe-gebruikers moet roetes beplan oor komende daeMarch 19, 2025

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het ‘n kennisgewing aan reisigers uitgereik oor moontlike ontwrigtings weens die onafhanklikheidsherdenking en die inhuldiging van Netumbo Nandi-Ndaitwah as vyfde president. Reisigers wat die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gaan gebruik word aangeraai om hul reise vooraf te beplan, aangesien padsluitings en verkeersopeenhopings verwag word weens die aankoms van hoogwaardigheidsbekleërs en besoekers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder.