VSA teiken nie SA net oor Israel: VF PlusMarch 19, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê Amerika het sy probleme met Suid-Afrika uitgespel, en die Amerikaanse regering wil beleidsverandering in die land deur diplomasie bewerkstellig. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se woordvoerder, Tammy Bruce, sê Suid-Afrika se posisie teenoor Amerika en sy bondgenote is toenemend aggressief. Dit sluit in dat hy Israel by die Internasionale Geregshof verkla, en nie Hamas nie. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê Amerika se optrede teen die land gaan oor meer as ʼn enkele voorval.