Friedle trek Japan toeMarch 19, 2025
Die Cheetah-voorspeler Friedle Olivier gaan hom by ‘n Japanse klub aansluit waarvan die naam nog nie bekend gemaak is nie. Die 32-jarige het in 2022 vanaf ‘n Russiese klub na die Cheetahs verskuif en het sedertdien 41 wedstryde vir die Vrystaters gespeel. Olivier het laas in Januarie teen Lyon in die Uitdaagbekerkompetisie gespeel, want hy het ‘n kuitbesering opgedoen. Die Cheetahs is onoorwonne in die Suid-Afrikaanse Beker en kom Vrydag in Mbombela teen die Pumas te staan.