Januarie besettingsyfers, soos altyd, effe laagMarch 19, 2025
Gastehuise het die hoogste besettingskoers, 47,1 persent in Januarie vanjaar aangeteken. Hotelle is tweede op 41,8 persent terwyl tentkampe en tentlodges derde en vierde gekom het met onderskeidelik 40,5 en 39 persent. Gasteplase het 36,9 persent gehad. Die Namibiese Statistieke-agentskap se verslag dui aan dat die besettingskoers met amper 16 persent teenoor Desember gedaal het maar, op ‘n jaargrondslag net met 0,2 persent. Die kusstreek het die skerpste daling beleef met 21,1 persent, gevolg deur die suide met 19 persent. Die sentrale en noordelike streke het afnames van onderskeidelik 16,3 en 9,2 persent gehad.