Messi is beseer, eers op die bankMarch 19, 2025

Die Argentynse superster Lionel Messi is beseer en sal sy land se volgende twee Wêreldbeker-kwalifiseerders misloop. Die 37-jarige Messi het die naweek ‘n liesbesering opgedoen in ‘n wedstryd vir sy span, Inter Miami, teen Atlanta. Argentinië sal vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi kwalifiseer as hulle Vrydag vir Uruguay klop en volgende Dinsdag vir Brasilië. Die verdedigende kampioen het ‘n voorsprong van vyf punte boaan Suid-Amerika se kwalifiseringsgroep van tien spanne. Die top ses kwalifiseer regstreeks vir die toernooi in Kanada, Amerika en Mexiko.