PDM onbeïndruk met Schwartz-Gowases se heraanstelling March 19, 2025
Jeugminister Agnes Tjongarero het die geskorste direkteur van die Nasionale Jeugraad, Calista Schwartz-Gowases, heraangestel in die pos. Schwartz-Gowases is verlede jaar geskors weens beweerde finansiële wangedrag in ‘n proses wat finansminister Ipumbu Shiimi betrek het. Daar het intussen ‘n onderonsie ontstaan tussen Tjongarero en Shiimi, wat ontken dat hy die skorsing beveel het. Schwartz-Gowases was ook glo in die pos sonder ‘n formele kontrak sedert Desember 2021, wat interne konflikte veroorsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julia Nekwaya, sekretaris generaal van die PDM Jeugliga…