Dalende diamantproduksie, -vraag knou NamibiëMarch 19, 2025
Debmarine Namibië se omset het in 2024 met 38 persent afgeneem na 8,5 miljard Namibiese dollar, weens laer diamantpryse en verlaagde produksie. Debmarine se uitvoerende hoof, Willy Mertens, sê die wêreldwye lae vraag na natuurlike diamante speel ‘n groot rol. Namibië het verlede jaar 4 persent minder diamante opgelewer as wat in 2023 ontgin is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein gepraat wat die volle implikasies van die laer diamantproduksie uitstippel.