Bibi sê lugaanvalle is net die beginMarch 19, 2025
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu sê die lugaanvalle op Gaza is net die begin, en dat hulle sal aanhou veg tot hulle al hul doelwitte in die oorlog bereik het. Hy het in ‘n televisie-toespraak gesê sy doelwitte is die vrylating van al die Israelse gyselaars in Gaza en die vernietiging van Hamas. Hy het bygevoeg dat hulle op die hoogtepunt van die oorlog op sewe fronte is en die stryd wen. Netanyahu sê die weermag sal voortgaan totdat Hamas nie meer ‘n bedreiging inhou nie en Israel sal met toenemende druk optree. Die dodetal in die aanvalle het reeds tot meer as 400 gestyg.