RFA het kommer oor min geld vir paaieMarch 18, 2025
Die brandstofheffing is onlangs met 20c per liter verhoog, maar die Padfondsadministrasie sê dis ‘n druppel aan die emmer. Die staatsonderneming het sowat 3,8 miljard Namibiese dollar nodig om die befondsingstekort vir padinfrastruktuur uit te wis. Die verhoging sal sowat 400 miljoen dollar genereer en die administrasie het ‘n verhoging van een dollar per liter vir die huidige boekjaar versoek, maar het tot dusver net 45c ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ali Ipinge, die Padfondsadministrasie se uitvoerende hoof.