Boks keer terug na Olimpiese SpeleMarch 18, 2025

Boks: Die sport gaan teenwoordig wees op 2028 se Olimpiese Spele in Los Angeles nadat ‘n nuwe beheerliggaam gekies is. Die uittredende hoof van die Internasionale Olimpiese Komitee, Thomas Bach, sê die IOK se uitvoerende raad het dit goedgekeur nadat hulle Wêreldboks erkenning gegee het om toesig te hou oor die sport op die Spele. Dit beëindig jare van verdeeldheid oor die manier waarop die sport beheer is. ‘n Volle sitting van die IOK se sowat 100 lede moet die besluit nog later die week bekragtig, maar dit gaan na verwagting net ‘n formaliteit wees.