Namcor weerlê gerugte oor 5 werknemers se bedankingMarch 18, 2025

Namcor het mediaberigte oor die bedanking van vyf werknemers aangespreek en gesê dat hul vertrek nie gekoppel is aan enige ondersoek, wanpraktyke of besigheidskwessies nie. Die maatskappy het dit duidelik gemaak dat Damoline Muruko, Ilda Dos Santos, Isabel Mwazi, Mapenzie Festus en Khonzani Tizora verkies het om nuwe geleenthede na te streef na jare van toegewyde diens. Namcor sê hy respekteer hul besluit en waardeer hul bydraes tot die petroleumbedryf. Utaara Hoveka, openbare betrekkinge- en kommunikasie- spesialis by Namcor, is aan die woord.