Nieu-Seeland klop Pakistan met 5 paaltjies in tweede T20March 18, 2025

Krieket: Nieu-Seeland het ‘n voorsprong van 2-0 oor Pakistan in hulle reeks van vyf T20s nadat hulle ‘n oorwinning met vyf paaltjies in Dunedin behaal het. Die besoekers is tot 135 vir nege beperk nadat die wedstryd tot 15 boulbeurte per span verkort is. Tim Seifert en Finn Allen het die Swartpette se beurt geopen en 66 lopies van 28 balle gemoker. Hulle het die teiken gehaal met 11 balle oor. Allen het dit as ‘n kliniese vertoning beskryf.