Wêreld-herwinningsdag: ‘n Miljard ton vrystellings kan voorkom wordMarch 18, 2025

Die agtste Wêreld-herwinningsdag word vandag gevier om bewustheid te skep oor die belangrikheid van herwinning, en om individue en organisasies aan te moedig om afval te verminder. Vanjaar se tema is: Vier die mag van die Sewende Hulpbron. Die term verwys na materiaal wat herwin is. Volgens die Global Recycling Foundation, word jaarliks 2,1 miljard metrieke ton vaste afval geskep, maar slegs 16 persent word herwin. Herwinning kan teen 2030 meer as ʼn miljard ton koolstofdioksied-vrystellings voorkom.