NamPol behaal weer sukses teen dwelms met intelligensie-operasieMarch 18, 2025

Die Namibiese polisie het in die vroeë oggendure drie Namibiese mans gearresteer sowat 26km voor Uis na hulle in besit van 20 pakke dagga en 2 037 Mandrax-tablette. Die polisie sê dit was ‘n intelligensie-gedrewe operasie wat in die hoofstad begin het, deur Omaruru en toe na Uis beweeg het. Die waarde van die dwelms is nog nie bepaal nie en dit is onbekend wanneer die drie in die hof sal verskyn.