Stadige begin by aandelebeursMarch 18, 2025
Handelsaktiwiteit op die Namibiese aandelebeurs het 2025 op ‘n gedempte noot begin, met die totale handelsvolumes wat teen die einde van Februarie slegs 600,6 miljoen Namibiese dollar bereik het. Dit is die stadigste begin van ‘n jaar op rekord. Plaaslike aandele het op 28 Februarie 71,1 miljoen dollar in handel gewys. Volgens Cirrus se aandele-medewerker Adrian Gläser, het Capricorn Groep die aktiwiteit oorheers en was verantwoordelik vir sowat die helfte van die waarde wat oor plaaslike aandele verhandel is, gevolg deur FNB Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tiaan Bazuin, die uitvoerende hoof van die Namibiese aandelebeurs, wat redes gee vir die stadige begin.