Kewers ontplooi om Harties skoon te maakMarch 18, 2025

Die Departement van Water en Sanitasie het kalander-snuitkewers in die Hartbeespoortdam vrygelaat om watervarings aan te pak. Die kalanders word in samewerking met die Nasionale Navorsingstigting en die Rhodes-universiteit van Amerika ingevoer om suurstofvlakke in die water te help herstel. Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die indringerplant het in Januarie visvrektes veroorsaak weens te min suurstof in die water. Die projek vorm deel van ‘n biologiese beheer-strategie om varswater-ekostelsels in Suid-Afrika te beskerm.