Riviere, Ruacana, vertoon baie goedMarch 18, 2025

Die Kunene-rivier vloei sterk by Ruacana, op 313,1 kubieke meter per sekonde, sterker as verlede jaar se 294,3. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Zambezi by Katima Mulilo het skerp gestyg en staan op 3,68 meter teenoor verlede jaar se 1,48. By Rundu is die Okavango op 5,87 meter. Water is vrygestel uit Vanderkloof en Blouputs in die benede Oranje is op 1,29 meter terwyl Sendelingsdrif op 0,74 staan. In die Cuvelai is verskeie iishanas gemeet tussen 0.1 en net onder 0,8 meter.