Swakop se vermeende hondslagters verskyn weer March 18, 2025

Die vier vermeende hondslagters van Swakopmund sal weer vandag in die laerhof op die dorp verskyn. Hulle word daarvan beskuldig  dat hulle Catherine Titus se hond, Ragnar, op 1 Februarie gesteel, doodgemaak en aan ‘n kapanaverkoper vir 200 Namibiese dollar verkoop het. Seth Skrywer, Laurens Nanub en Marrando Bloostaan is elk op borg van 3 000 dollar tydens hulle eerste verskyning op 4 Februarie vrygelaat. Die vierde verdagte, ‘n 12-jarige seun is in die sorg van sy ouers vrygelaat. Owerhede het aangedui dat die minderjarige ook kriminele aanklagte in die gesig kan staar wat diefstal, geldwassery en dieremishandeling insluit.