Lucy Letby dalk toe nie skuldig nieMarch 18, 2025
Die oud-verpleegster Lucy Letby vra dat die openbare ondersoek na haar misdade gestaak moet word. Haar prokureurs sê daar is nou oorweldigende en dwingende getuienis wat haar skuldigbevindings aan baba-moorde ondermyn. Haar prokureurs sê dat die ondersoek onmiddellik opgeskort moet word tot haar skuldigbevindings hersien is. Die Kriminele Sake Hersieningskommissie kyk tans na vars materiaal wat namens Letby deur ‘n reeks kundiges ingedien is, en wat glo wys dat die babas aan natuurlike oorsake dood is.