SA sal sukkel om Rasool te vervang March 18, 2025

RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê Suid-Afrika gaan dalk sukkel om die uitgeskopte Ebrahim Rasool te vervang as die land se ambassadeur in Amerika. Rasool het die posisie van 2010 tot 2015 beklee en weer vanaf verlede jaar. Hy is gevra om die land te verlaat nadat hy Donald Trump se leierskap as wit heerssugtigheid beskryf het. Rasool is 72-uur gegee om te vertrek en word dié week in Suid-Afrika terug verwag. Zibi het aan Newzroom Afrika gesê Amerika se besluit is ‘n jammerte: