Speaker sit parlement se dinge die week uiteenMarch 18, 2025

Namibië se sewende parlement kom vandeesweek tot ‘n einde. President Nangolo Mbumba sal vandag die parlementslede vir die laaste keer toespreek. Die laaste sitting sal môre plaasvind, en die nuwe parlementslede sal op Donderdag, 20 Maart ingesweer word. Die huidige Speaker, prof. Peter Katjavivi, maak ook sy termyn Donderdag klaar. Katjavivi het ‘n uiteensetting gegee van die proses vir Mbumba se toespraak.