Alle Windhoekse skole Donderdag gesluitMarch 17, 2025

Alle staat- en privaatskole skole in Windhoek sal op Donderdag, 20 Maart gesluit wees. Die onderwysministerie sê dit is weens openbare feestelikhede op die dag, wat insluit ‘n militêre parade en afskeid van president Nangolo Mbumba. Daar is ook voorbereidings vir Onafhanklikheidsdag-vieringe en die inhuldiging van Netumbo Nandi-Ndaitwah as Namibiese president op 21 Maart. Alle skole word versoek om voor Nandi-Ndaitwah se inhuldiging ‘n oggend-byeenkoms ter viering te hou, en leerders moet betrek word by voorbereidings en opvoerings tydens die geleentheid. In Windhoekse skole sal dit plaasvind op Woensdag, 19 Maart. Die opvoerings moet gedokumenteer en aan die onderwysministerie se openbare betrekkinge beamptes gestuur word.