Sperdatum vir boorgatregistrasies met 8 maande verlengMarch 17, 2025

Na verskeie beroepe daarvoor, en met die vertraging met die streekswerkswinkels oor die nuwe Waterwet, is die sperdatum vir die registrasie van boorgate met agt maande verleng. Dit het eers op 28 Februarie geëindig. Die landbouminister Calle Schlettwein sê dit is ‘n laaste geleentheid.