Rutte en Trump gesels vandagMarch 17, 2025

Die sekretaris-generaal van Navo Mark Rutte sal president Trump moet oortuig dat dit in Amerika se beste belang is om ‘n leidende lid van die transatlantiese alliansie te wees wanneer hy vandag die Withuis besoek. Die VSA sal volgens ‘n Amerikaanse bron druk op Navo-vennote uitoefen om te fokus op hulle verpligting om hulleself te verdedig sonder om staat ter maak op Amerika. Trump hou reeds lank vol dat Navo-lande meer aan verdediging moet bestee en dreig om steun te onttrek aan lede wat nie minstens 2 persent van hulle BBP daaraan afstaan nie.