Drie-putjie-uitspeelstryd vandag in Florida by SpelerskampioenskapMarch 17, 2025

Die 2019-kampioen, Rory McIlroy, kom vandag in Florida teen die Amerikaner, JJ Spaun te staan in die drie-putjie-uitspeelstryd om die Spelerskampioenskap se wenner te bepaal. ʼn Vertraging van vier ure weens gure weer het gister gekeer dat die PGA Toer se beroemde toernooi afgehandel word. Die Noord-Ierse speler het ‘n vier onder 68 behaal om saam met Spaun op 12 onder klaar te maak. Die Amerikaners Tom Hoge, Akshay Bhatia en Lucas Glover is gesamentlik derde op tien onder. McIlroy sê hy het sy kanse verspeel: