Zuma se gesondheid raak nou soos Schabir Shaik – VF+August 25, 2021
Die feit dat die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se dokters nagelaat het om ’n mediese verslag oor sy toestand betyds in te dien by die hof in die wapenskandaalsaak, skep agterdog. Dit is volgens VF Plus se leier Pieter Groenewald. In ‘n verklaring beweer Groenewald dat Zuma nie soos ‘n gewone gevangene behandel word nie. Dit het vroeër aan die lig gekom dat die voormalige president na ‘n onlangse roetine mediese ondersoek, steeds nie terug is by die Estcourt Gevangenis nie.