SA ver agter met grondhervormingMarch 16, 2025
Die Instituut vir Armoede, Grond en Agrariese Studies aan die Universiteit van die Wes-Kaap sê daar is ‘n voortdurende afname in Suid-Afrika se grondhervorming. Dit wek kommer oor die regering se toewyding aan grondgeregtigheid. Die navorsing toon net 11 persent van Suid-Afrika se kommersiële landbougrond is sedert die 1990s deur grondhervorming oorgedra, baie minder as die oorspronklike 30 persent teiken wat in 1994 gestel is. Die navorser Nkanyiso Gumede sê in die nasionale begroting wat Woensdag ingedien is, is net 0,4 persent begroot vir grondhervorming: