SA ambassadeur taboe in AmerikaMarch 15, 2025
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Ebrahim Rasool, Suid-Afrika se ambassadeur in die VSA, tot persona non grata verklaar. Rubio het op die sosiale mediaplatform X gesê Rasool is ‘n ras-uitlokkende politikus wat Amerika en president Donald Trump haat. Rubio se kommentaar volg op nuusberigte in Washington oor ‘n lesing wat Rasool gister gegee het voor ‘n Suid-Afrikaanse dinksentrum, waarin hy beweer het Trump lei ‘n globale wit-heerssugtige beweging. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington en die Suid-Afrikaanse regering was nog beskikbaar vir kommentaar nie.