Lig ‘onwettige’ sanksies teen Iran: ChinaMarch 14, 2025
China vra vir die beëindiging van wat dit die onwettige sankies teen Iran noem. China is gasheer vir gesprekke met diplomate van Iran en Rusland. China hoop dat die onderhandelings met betrekking tot Tehran se kernprogram hervat sal word. Die VSA het tydens Amerikaanse president Donald Trump se eerste termyn onttrek uit ‘n 2015-ooreenkoms wat beperkings op Tehran se kernontwikkkeling geplaas het in ruil vir sanksieverligting. Trump het sedert sy terugkeer na die Withuis gevra vir ‘n nuwe kernooreenkoms met Iran, maar Tehran sê geen ooreenkoms is moontlik solank bestraffende sankies gehandhaaf word nie.