FlySafair-loodse loop oor rooster, Solidariteit wil helpMarch 14, 2025

Solidariteit gaan salaris-onderhandelings met FlySafair begin om vlieëniers se salarisse en werksomstandighede te verbeter en die groeiende uittog van ervare personeel te stuit. Die vakbond sê veranderings aan die lugredery se roosterstelsel het vlieëniers se lewensgehalte ernstig benadeel, wat lei tot ontevredenheid en moontlike personeelverliese. Woordvoerder Remon Viviers waarsku as die kwessies nie aandag kry nie, kan FlySafair se bedryf daaronder ly.