Nuwe benadering vir GBV nodigMarch 13, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het saam met die Deutche Welle Akademie, die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ, die Namibia Media Trust, en die Europese Unie ‘n openbare diskoers-beleidvergadering aangebied oor geslagsgebaseerde geweld met die naam New Voices New Narratives. Die instituut het ook ‘n gemeenskapsprojek oor hierdie geweld in die Hardap-streek geloods genaamd Step Up Ark. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het in sy praatjie die probleem uitgelig.