Cadillac kan kies en keur vir F1-bestuurdersMarch 12, 2025
Cadillac het minstens ses bestuurders om uit te kies wanneeer hy volgende seisoen na Formule Een terugkeer. Cadillac sal die sport se elfde span wees nadat hy verlede week amptelike goedkeuring ontvang het. Spanhoof Graeme Lowdon sê die twee renjaers op wie besluit word, sal op meriete gekies word, met al ses wat uiters goeie kandidate is. Die president van F1 se beheerliggaam, die FIA, Mohammed Ben Sulayem, sê die uitbreiding na 11 spanne is ‘n belangrike mylpaal en Cadillac se teenwoordigheid sal toekomstige mededingers en aanhangers inspireer.