Yango sal by stadspolisie se verifiëringstoep ingesluit wordMarch 12, 2025

Yango, ‘n internasionale saamrydiens wat ook in Namibië werksaam is, bly in die spervuur met klagtes oor sommige bestuurders wat nie oor die vereiste permitte beskik nie en munisipale regulasies oortree. Stad Windhoek het verlede jaar ‘n verifiëringstoep vir taxi’s bekendgestel om verbruikers te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus wou by Marceline Murapo, woordvoerder van die stadspolisie, weet of daar planne is om Yango hierby in te sluit.