Meer ligte brand in HardapMarch 11, 2025

Altesaam 136 huishoudings in die Hardapstreek is vandag elektrisiteit ryker ná die inwyding van drie NamPower-projekte. In Maltahöhe se Uitbreiding 1 het 115 huishoudings nou krag, terwyl 21 huishoudings in die August Dam- en Kruiss-nedersetting ook van elektrisiteit voorsien word. Die belegging in Maltahöhe beloop 3,3 miljoen Namibiese dollar en in die twee nedersettings is 3,2 miljoen dollar bestee. Volgens NamPower se besturende direkteur, Kahenge Haulofu, het dié staatsonderneming 37 miljoen dollar in totaal vir vyf landelike elektrifiseringsprojekte in Hardap begroot.