Chaos, frustrasie by Nakop-grensposMarch 11, 2025
Sosiale media gons oor die groot opeenhoping by die Nakop-grenspos aan die suidoostelike grens van Namibië. Daar is groot uitdagings met elektrisiteit en blykbaar beskik die grenspos nie oor kragopwekkers vir bystand nie. Volgens onbevestigde berigte wag voertuie reeds sedert 03:00 om deur die grenspos te beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het probeer om kommentaar van die ministerie van binnelandse sake te kry, maar tot dusver is geen terugvoer ontvang nie. Die situasie wek groot frustrasie en kommer onder boere. Die laai van veral bokke, wat vir die Suid-Afrikaanse mark bestem is, word nou vertraag.