Skoolswangerskappe in Ohangwena daal March 11, 2025

Tienerswangerskappe in die Ohangwena-streek het gedaal. Die streek se onderwysdirekteur Isak Hamatwi sê 681 skoolmeisies het verlede jaar swanger geraak teenoor 755 in 2023, 820 in 2022 en 1 261 in 2021 – toe skole weens Covid gesluit was. Getalle vir 2020, toe Covid die eerste keer aangekom het, was verbysterend: 9 077. Swangerskappe onder skoolmeisies beëindig effektief hulle skoolloopbane omdat in die meeste gevalle het hulle nie die vermoë om die baba te versorg en skool te gaan nie.