Trump sny 83% van ontwikkelingshulpMarch 10, 2025
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê sy land gaan 83 persent van programme van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling kanselleer. President Donald Trump het die uitvoerende bevel in Januarie onderteken en aangedring dat alle Amerikaanse buitelandse hulp gestaak word om sy administrasie ‘n kans te gee om oorsese besteding te evalueer. Die doel is om programme te staak wat nie ooreenstem met sy “Amerika Eerste”-agenda nie. Rubio sê die 5 200 gekanselleerde kontrakte het miljarde-dollar bestee aan sake wat nie Amerika se kern-nasionale belange gedien het nie.