Sorris-Sorris bly in waghond se visier March 10, 2025

Die Namibiese Mededingingskommissie se sperdatum aan die Sorris Sorris-bewaringsgebied om binne 30 dae sy ekslusiewe kontrak van 25 jaar met Ultimate Safaris op te skort, is verstreke.Die kommissie het verlede jaar ‘n ondersoek van stapel gestuur en bevind dat die kontraksluiting in Namibië se toerismebedryf ondermyn. Sorris-Sorris is ook in ‘n regsgeding oor mynregte in die gebied betrokke. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulus Hangula, ‘n direkteur by die Mededingingskommissie, oor die kwessie gepraat.