Nasionale gesondheidsversekering in SA sal rampspoedig wees, sê Solidariteit March 10, 2025
Solidariteit sê die regulasies van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, hou rampspoedige gevolge vir die gesondheidsorgstelsel in. Die vakbond glo dit ondermyn die regte van mediese beroepslui, bedreig privaat gesondheidsorg en sal in die lange duur dienslewering verswak. Solidariteit glo die NGV is onwerkbaar en finansieel onvolhoubaar. Woordvoerder Theuns du Buisson sê raadsaanstellings vir die NGV is nutteloos, want daar sal nooit genoeg geld wees om die stelsel te befonds nie: